Bokomo-brekfisbrief; 04/10/08: Swys se ode: baie dankie!

  • 0

 

Beste McSwys

Jy't bewys ek kan jou prys tot binne-in die Paradys. 🙂

Dit word net hier en nou gedoen. Soos jou voriges is hierdie limerick uitstekend - woordspel, ritme, alles is reg. Wil nou nie skinder nie, maar dit lyk asof ons sommer baie by jou kan leer.

Is jy al lank met soortgelyke skryfsels besig? Dalk 'n digter of 'n ding? Dit klink definitief so.

Ag, en toe wou hierdie Botha-vrou mos slim raak met 'n limerick-antwoord op joune, wou jou laaste reël omswaai na "jota en tittel", en ál rymwoorde vir tittel is 'n gerittel of kittel ... maar met laasgenoemde word ons dalk verban na LêNet.

Ode sy dank!

Ellen Botha

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top