Moenie die Evatjies ook in ʼn tjoklit-boks gaan inprop nie.
Sê nou net 'n paar ouerige anties sak op jou toe? Dan sal jy defini-blerrie-tief nie net permanent op pensjin wees nie, maar permanent met die aarde gelykgemaak word. Vermy dit asseblief ten alle koste.
Ek aanvaar jou jammerte dat jy nog so jonk is, en verseker jou dat my daaglikse stikkie toast met mammalaid van jou kant af, sonder enige bybedoelings geniet sal word.
Ellen (alias jou Delektibel Traffeltjie alias Een van hille)
NS - Lyk my die dames begin darem bykom oor jou Rammstein-affêre. Willa praat al van ramme, en Sue van verouderde rooiwyn!


