Bokomo-brekfisbrief; 04/02/2011: Afrikaaps

  • 0

Afrikaans het ’n toekoms in die land. Dit is spekvet en gesond. Soos Mike van Graan so ’n jaar of wat al opgemerk het – wat is daar te kla oor Afrikaans. Boeke en koerante word in die taal publiseer, daar is webwerwe, kunsfeeste en so voorts.

’n Vinnige blik op Afrikaaps (‘’n TV-program) toon dat Afrikaners dink dat Afrikaans op ’n Calvinistiese wyse gepraat moet word. Enigiets anders as wit word nie as Afrikaanssprekend beskou nie. Maar die taal is eintlik van die slawe gesteel. En die ontmanning van bruin mense is bekroon met die uitsettings in Distrik Ses.

Soms op pad huis toe moet ek verby Bondstraat in Sunnyside gaan. En dit is met groot bevrediging dat ek sien hoeveel bruin en swart meisies Afrikaans Meisies Hoër toe gaan. Te luister hoe mooi hulle die taal praat. Lewe en passie daaraan te gee.

Afrikaans het hier ’n toekoms.

Dit is net jammer dat sommige Afrikaner-herders dink dat die taal aan hulle behoort en hulle die wagte daarvan is.

Wanneer jy Afrikaaps kyk, is dit ’n heel ander storie. Is dit waarom KykNET bang is om dit uit te saai. Kan dit wees dat Karen Meiring een van daardie Afrikaner-herders is wat vasgevang is in ’n Calvinistiese, verkrampte denkrigting.

Dit is ’n program oor Afrikaans. Dit was al op MStar (112) en Mzanzi Magic. En tussen hulle is stasie 111 – KykNET – wat dit nie eens geraak het nie.

Dan wonder Afrikaners waarom bruines die taal met so vyandigheid bejeën in die groot stedelike gebiede.

Afrikaners kan nie na die waarheid luister nie.

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top