Bokomo-brekfisbrief; 03/12/08: Brief aan familie

  • 0

 

 

Môre julle,

Dit is alweer die 1ste Desember, nog 'n jaar is al bykans verby. Dit is asof alles al hoe vinniger gaan, die tyd vlieg, mens wens jy kan dit 'n bietjie laat stilstaan. Maar as jy wag vir iets om te gebeur, voel dit weer of die tyd vreeslik stadig verloop.

Hier by ons is dit maar stillerig, ek voel net die bure is soms nogal lastig, hoewel ek maar probeer om goeie verhoudinge met hulle te behou. As hulle krag af is, bring hulle hul selfone na my toe om te laai. Sommer elke dag, dit lyk my die fone is die heeldag aan ek het gesien daar is sewe "missed calls" op die een terwyl ek dit laai. Alles natuurlik in Xhosa. Dit is veral die twee jonges s'n - die dogter en die kleinniggie - hulle het seker baie kêrels. Nou ja, gister kom vra die niggie iets om te kook, "something meaty", hulle sal dit môre (Maandag) teruggee en dan sommer ook R100 teruggee van die geld wat hulle my skuld.

Ons koop volgens 'n vaste spyskaart vir die week, net genoeg vir twee mense en net eenmaal 'n maand kookvleis op Maandae. Op die ander Maandae eet ons maalvleis met macaroni. Nou ja, my skaap-kortrib wil ek nie weggee nie, ek sien uit daarna saam met patats en pampoen, X doen die vleis nogal lekker. Gelukkig het ek darem genoeg pakkies hoender in die huis en ek gee haar twee bevrore pakkies - dit is klein pakkies vir net twee mense, elkeen het net drie stukkies in, X eet maar min. So twee van die klein pakkies is seker genoeg vir hulle sowat ses mense (Die dogter is weg Pretoria toe saam met die skool - dit is 'n ander storie.)

Maar die ergste is seker vanaand, toe die niggie bel en vra vir 'n ou telefoongids, hulle wil die blaaie uitskeur. Sy praat met X, wat eers teensinnig is, hy is nogal partykeer onbeskof met hulle, ek weer gee maar altyd in. Net daarna vat ek die boek vir haar na die hek toe en ek vra wat wil hulle dan daarmee maak. Nee, sê sy, daar is "guys" wat daar kuier en hulle skeur die blaaie uit om "ganja" te rook. (Sover ek weet is dit dagga.)

Vroeër vandag het hulle darem die R100 gebring, maar hulle sê niks van die vleis nie. Dit vervies my, mens werk jou dinge uit om 'n maand uit te kom, ek weet nie wat gaan ek maak as hulle nou gereeld begin vleis leen nie.

Iets anders is dat hulle my hul dokumente bring om te fotostateer. Ek moes ook al die niggie se CV tik en afskrifte maak. Ek glo nie sy het al die vakke wat sy daarop aangee nie (soos Afrikaans, wetenskap en wiskunde). Ek glo nie eers sy het matriek geslaag soos sy sê nie, sy spel "Carricalum" net só. Toe sy dit 'n tweede keer bring om dit oor te doen, het sy 'n paar ander werkplekke bygelas. Vervalste CV's en kwalifikasiesertifikate is nogal algemeen in die nuwe Suid-Afrika. Dit spreek vir my van groot selfvertroue dat mense dink hulle sal die werk kan doen met vervalste dokumente. Sê nou sy kry 'n aanstelling as laboratorium-assistent en veroorsaak 'n ontploffing?

Beste Groete,

Gertjie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top