Bokomo-brekfisbrief; 03/11/09: Goeie daad vir die dag ...

  • 0

Ek gaan loop nou nie elke dag en soek vir goeie dade nie, maar as een mens in die gesig staar kan jy mos nie anders nie ... en die gevoel wat jy daarna het is, wel, lekker ...

Ek het gister in Pick ‘n Pay ‘n ietsie gaan koop saam met die kids, toe is daar ‘n man en vrou voor my wat vreeslik skree op die kassiere. Die man gaan so te kere ek dog lat ek maar Netcare se nommer solank op my speed dial in die hande kry.

Hy skree toe nee hy sal nie weer na hierdie winkel toe terugkom nie, dis pateties en swak en sleg en hy sal nie weer terugkom nie. Ek dink sy woorde het toe opgeraak.

Toe hy en sy verskrikte vroutjie loop, was dit my beurt en ek vra toe vir die kassier: "What what that all about?" Sy sê dis omdat daar nattigheid op die rolband was, hy was kwaad daaroor. Soos sy dit vir my sê kyk ek natuurlik na die water op die rolband, toe het dit omtrent al alles verdamp. Dit kon nie ‘n see vol water gewees het nie, te oordeel aan die man se reaksie het hy tog so gedink.

Ek sê toe vir haar dat sy haar nie aan so persoon moet steur nie, en dat dit nie haar dag moet bederf nie. Sy het maar baie bekaf gelyk. Ek sê vir haar dat as hy nie oor die water geskree het nie sou hy wel iets anders gekry het om oor te lawaai. Sulke mense is mos so. Sy moet haar nie daaraan steur nie. Ek kon sien dat sy sommer beter gevoel het, en dit het niks van my geverg om ‘n mooi, vriendelike en bemoedigende woordjie vir haar te sê nie.

Ek kon sommer sien hoe sy haar skouers weer optrek, sy gryp toe weer my kredietkaart uit my hande (ek het klaar betaal) en sê vir my "Thanks Mrs du Toit!"

Dit het lekker gevoel, want toe ek daar wegstap, het sy en die pakker gesmile, ek het gesmile en my kids het gesien dat mens van enige situasie ‘n positiewe een kan maak, hang net af wat jou ingesteldheid is.

Altruïs

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top