Ons reis het nou gevorder tot by die Dooie See in Jordanië. Volgens die inligting tot my beskikking is dit die laagste plek op aarde en lees my GPS -470 m! Na my vorige uitgebreide skrywe wil ek net gou vir die SêNetters vertel van my Damascus-ervaring.
Soos julle sekerlik weet het ek al etlike jare gelede enige geloof in bonatuurlike gode en ander wensdenkery afgesweer. Ons reis het ons op die pad vanaf
Vir agtergrond kan ek net sê dat om ’n visum vir Sirië te gekry het moes ek en my vrou MIV-toetse laat doen en die resultate van die toetse moes die visum-aansoek vergesel het. Ek moes verder ook seker maak dat daar geen stempels van
So ry ons toe vanaf die grens met Turkye via Tarsus na Damaskus waar ons in ’n kampplek in die stad tuisgegaan het wat so ongeveer 8 km vanaf die ou stad geleë is. By ons aankoms by die kampterrein is ons begroet deur ’n koor van roepende Imams wat hulle volgelinge oproep tot die middag-gebed. Tot ons ontsteltenis besef ons dat ons reg tussen ’n spul moskees kamp opslaan maar aangesien dit die enigste kampplek in Damaskus is, het ons geen alternatief nie.
Doodmoeg het ons die dag na die bekende Umayyad-moskee gaan kyk wat in ’n mate opgemaak het vir die ongerief van die vorige nag. Die Umayyad moskee is werklik ’n indrukwekkende gebou wat al verskeie kere verwoes was en weer opgebou is. Die ook een van die min moskees waar jy teen betaling van ’n klein fooi mag ingaan en ongehinderd tussen die biddendes deurloop en jou vergaap aan die gewoontes en kleinlike gelofies en gewoontes van die mense. In die moskee is ook ’n graf waar die kop van Johannes die Doper (hulle verwys na hom as profeet Yehia) glo begrawe lê maar by verdere opleeswerk het dit geblyk dat daar verskeie ander moskees is waar Johannes die Doper (of profeet Yehia) se kop begrawe lê! Dalk het oorle Johannes meer as een kop gehad – as mens in pratende slange en maagde wat swanger word
Nog ’n interessante feit van hierdie moskee is dat dit ’n besondere hoë minaret het wat as die Jesus Minaret bekend staan. Volgens oorlewering sal Jesus op die oordeelsdag hier verskyn. Vir dié van julle wat belang stel, maar veral vir ons kuberkabouter KdK, het ek die GPS-koördinate van die punt neergepen om enige soekery in die geskarrel op die oordeelsdag uit te skakel! Kobus, jy
My Damaskus-ervaring het my dus geleer dat godsdiens oor die algemeen ’n loutere spul snert is en dat mense deur middel van blindelingse geloof en groepsdruk gedwing word om die mees belaglike dinge te glo en te doen. Die Moslemgeloof is vir ons vreemd en uiters irriterend – om 03:00 in die oggend wakker gekerm te word, is walglik veral as dit elke oggend vir ’n maand lank gedurende Ramadan gedoen word. Klaarblyklik vind dit eers tydens sonsopkoms plaas elke oggend vir die res van die jaar!
Die Christelike geloof mag moontlik (vir ons) minder snaaksighede bevat maar dit bly ewe belaglik – pratende slange en donkies, maagde wat swanger word, dooie mense wat lewendig word, mense wat opvaar hemel toe en ’n wraakgierige opperwese wat jou om elke hoek en draai wil verdelg en in ’n ewige vuur laat brand. In teenstelling met Paulus wat met blindheid geslaan is, het ek baie helder die totale sinneloosheid en belaglikheid van godsdiens beleef en besef.
Ateïstiese-groete,
Thomas


