Terwyl jy hier lees, volg die aarde wetsgehoorsaam sy baan om die son soos hy dit al byna vyf miljard jaar lank doen, teen 'n asembenemende 80 000 km per uur met 'n skuins as ("ewige inklinasie van aardas") wat seisoene veroorsaak (so pas hier lentedag en in die noordelike halfrond herfs).
Terselfdertyd draai die aarde van wes na oos om sy as teen 'n spoed van meer 1 500 km per uur by die ewenaar, wat dag en nag veroorsaak.
Hier (in die suide) begin die lewerike sing en veldblommetjies kleur, in die noorde trek die ooievaars in die rigting van Egipte en bome verloor kleur en blare.
Hoewel die kosmiese beroerings of kataklismes skynbaar ongemerk by mens, dier, plant en klip verbygaan, is hulle deel van 'n ewige, wentelende, allesinsluitende werklikheid.
Jan Maarschalk


