Bokomo-brekfisbrief; 03/08/09: Moederlike instink (vir Sue)

  • 0

 

 

Môre, Sue

Soms sê ek iets tong-in-die-kies. En gewoonlik kry ek die meeste reaksie op dié briewe.

Daar is vir my drie tipe Afrikanervroue; die moederlike, die popcorn-soort (veral vandag se jonges, insluitend Maya) en die dierbare soort.

Ek onderskei op grond van ondervinding tussen die moederlike en die dierbare soort. Ek het onlangs het 'n ma van Ermelo - seker in haar vroeë veertigs - ontmoet. Sy het na my mening die Afrikanervrou verteenwoordig - dié wat kaalvoet oor die Drakensberg is, en dié wat die konsentrasiekampe kon uitstaan.

Haar seun - sowat 11 jaar oud - het hom beseer toe sy swaai losgeskiet het en hy teen hul muur beland het. Hy het 'n operasie ondergaan en moes vir die tweede een kom. Dit is waar ek haar ontmoet het.

Soveel omgee en liefde kry jy deesdae baie min. 'n Ma wat bykans haar hele dag en nag prysgegee het om haar seun te troos en, na sy operasie, te voer. Saam met sy sussie het hulle vir hom gelees en musiek geluister totdat sy toestand verbeter het.

Vandag se popcorn-geslag dink geld en materiële dinge vervang die liefde. Die ma se houding het my weer laat besin oor die liefde.

En sy het vir my getoon wat 'n ma en 'n vrou kan wees. Dus, dieper dinge imponeer my.

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top