Ek het al van XX vertel. Hoe hy met ‘n ‘sagte’ woord ‘n wille leeu se grimmigheid laat wyk het. Gewys het dat die “woord-in-geloof” magtiger is as ‘n 375
Maak hy homself staan by die see. ‘n Klein plekkie daar waar daar (aar, aar, aar!!) bo en behalwe die paar vakansiehuise, die gebruiklike hotel, kroeg en kafee en ook ‘n verslete klein hawe is. Meeste van die jaar is die plekkie stillerig. Met stillerige mense wat doen wat mense in ‘n klein vissersdorpie doen. Die voedselketting is ook heel eenvoudig. Die man wat die hotel besit besit die kroeg en het ook een van die bote in die hawe. Sy broer doen tuindienste. Nie dat ek hom al ooit naby ‘n tuin gesien het nie. Maar nou ja, tuinmaak is nie groot in die plekkie nie. Die kroeg is elke aand oop. Die hotel natuurlik net wanneer daar mense is en die klein kafee is oop wanneer die kafee oop is. Die kafee en die petrolpomp behoort aan ‘n ander skipper. Die ander mense doen elk hulle eie iets of niets. Rustige plek.
Die kroeg is die fokuspunt van die gemeenskap. Nie dat hulle ‘n klomp suipers is nie. Alhoewel hulle nie skaam is om te kuier nie. En daar is ‘n paar manne wat
‘n Gesprek in een van die vissershuisies
“jongvisser:
jossos ma dis nat daa'buite! die sie' is roerag
en die skuite skommel innie die hawe dee'mekaa
ek sie die pa sit en kuie …
ons kannie uitgaa nie
dit lyk vi'my die enigste vis wat vandag gevang wore
is liegvis … die spul sit en suipe!
ma:
sie lat jy ophou vloek jou klein kont
jy ken die pa en syse water
loop haal hom want nou klap sy kop
en net later wil hy die sie ga staat vat
en syse dood loep soek!
jongvisser:
okei okei hou julle se penties vas
ek sal hom ga' haal …”
Ewenwel …
Die mense beskou XX as ‘n inwoner. ‘n Local. Beskou dat hy daar bly en net op ander plekke lang vakansies gaan hou. Want sien, ek ken XX se geheim. Hy is soos ‘n verkleurmannetjie. Sit hom in die bos en jy sal sweer hy is ‘n agterbosvelder. Sit hom by die see en man, hy is mos ‘n ou vister. Lyk soos. Praat soos. Doen soos.
Hy is ook half fisies aktief die XX. In die bos draf hy. Vroeg. En by die see swem hy. Ook vroeg.
Die hawe is ‘n gawe plek om vroegoggend te swem. Dan juig en lag die manne op die bote as XX sy ronde lyfie met kragtige hale twee keer deur die lengte van die hawetjie dryf. Mens moet twee keer deurgaan want dis net aan die een kant waar jy weer
XX maak hom die oggend reg om in te duik. Nie dat dit sierlik gedoen word nie. Sy lyfie is te rond. Hy val in. Maar as hy eers in is, is hy soos ‘n vis.
Een van die skuite is op pad hawe uit. Dis met die dat hulle die skaduwee in die water opmerk. Haai. XX trek toe al amper aan die oorkantse wal. Nie ‘n klein haaitjie nie. Nie eens ‘n groot haai nie. ‘n Befokte duikboot van ‘n haai!
Herre mens.
XX hoor die geskree en kon seker aan die klank hoor dat dit nie gaan oor vreugdevolle bemoediging nie. XX ter ere. Hy hou kop en swem sy gewone pas. Die manne vertel die haai maak so ‘n draai en val langs XX in. Swem hulle saam. (Die manne sê hulle lieg sowaar nie.) Vertel hulle my hulle
Ek was nie by nie. Hulle sweer almal hoog en laag dis die waarheid. Die haai word met elke dop groter. Hehe.
Maar daar moes iets gebeur het want toe ek ‘n maand later daar gaan uitspan merk ek op dat hy nie meer in die hawe swem nie.
HJ


