Elke plek het mos maar sy Piete. Dit is beter om liewer nie spesifieke name te noem nie, maar ons weet mos want ons weet almal van 'n Piet-familie. Of soms is ons self deel van een.
Hier in ons geweste is 'n paar Piet-families en ek wonder soms of ekself nie soms as 'n Piet beskou word nie. Nietemin. Een familie wat uitstaan is die, mmmm, kom ons noem hulle maar Piete.
Daar waar Pinnacle Point se elite nou klein balletjies rondslaan het hulle gebly.
Maar, so beduie hulle wat weet, daar was 'n kraak iewers. Want onder destyds se wette was alles nie pluis nie. As die hare bietjie te veel gekrul het, het die mense agter hul hanne gefluister. Voeg by die feit dat hierdie spesifieke Piete basies van die hand na die mond gelewe het en jy
Maar klogoete is mos snaakse goed. Hulle het nie dieselfde vooroordele wat grootmense het nie. En so het hierdie Piete ook maar na die wit skool gegaan. Tot die groot hofsaak. En baie jare later beduie die spesifieke voorsittende beampte vir my dat hy volgens die norm die oordeel moes fel. En volgens hom was die norm: Hoe lyk die ma. Lyk die ma wit dan "chap" ons die ID-boekie soortgelyk. Lyk die ma, wel, nie wit nie, dan "chap" ons hom as nie-blank. En so sal jy deurgaan. En die spesifieke Piete is toe "gechap" as wit. En kon die klogoete maar bly skoolgaan soos altyd. (Ag, en nee, die bedoeling is nie om 'n morele gesprek oor die situasie uit te spreek nie)
Maar skool is nie regtig iets wat die manne in belang gestel het nie. Want sommer van jongs af is hulle hard grootgemaak. Skool was basies verpligtend omdat die wet so gesê het. Na skoolure moes daar gewerk word. Of op land of op die waters. En jy
As Kolgans of Windekind of watter skuit ook al crew manne nodig gehad het dan was hulle daar, dronk ofte not. Want skipper het geweet hierdie manne ken van vis uitbring. Na die patriarg se afsterwe het die spul maar basies uitmekaar gespat en het hul eenvoudige sooihuis basies sodanig verval dat net hier en daar 'n paar geroeste plate en vrot balke oorgebly het. Ek wonder dikwels hoe die ou mense so baie klogoed kon voortbring (dinge
Die Piete het oor die land verspreid geraak. Duskant Gourits is een wat 'n fortuin maak uit sy houtbedryf. Iewers in die "Vaaldriehoek" is een wat nou hoog op is by een of ander ESKOM of ISKOR. Een het 'n vervoermaatskappy wat die land vol bekend is. 'n Paar swerf nog hier rond en leef steeds uit die see. Bitter min
Nou die oggend toe ek en Janfrederik mekaar so roep toe luister ek hoe 'n jong Pietie halsstarrig raak oor hy nou weer moet skool toe. Hy is gefoeter (ag, moet nou nie gaan split dat 'n kind se sitvlak sielkundig korrek behandel is nie) tot by die hek en het huil-huil en skel-skel in die geleentheid se kar geklim. Skool toe. Want, so beduie die kwaai ma my later: "Hy sal op die skoolbanke sit tot hy deurkom, al is hy 'n ou man. Hy gaan nie soos ek op sestien met kakdoeke sit sonder geleerdheid nie."
oester


