Bokomo-brekfisbrief; 03/04/2010: haatspraakbemarker

  • 0

noulat my g'weer ing'handig's,
ná soveel jaar se grensdiens-operasies,
noulat'k weer amper normaal dink,
anti-‘ras', uit Broederbond amnesie-greep,
probeer'k struktuurgeweldstorm stuit,
wil nie sommer waarde van goedheid wegsmyt,
tot g'wetenloos onkunde-ontkenning nooit bereid

hou dus haatspraak uit ons samelewing,
ons sit klaar op ‘n massief-yslik kruitvat,
ons rekonstruksie nog nie naastenby in rat,
Duiwelspiekdissipels nog lank nog nie sat

gaan sing dus jou ‘bulala'-, ‘dubula'-liedere,
daar waar jy hoort, in korrektief' universiteit,
weet jy nie eens ordentlik hoe ‘n ‘Mshini' lyk,
nog nie by toe moord, doodslag, landswet was,
uitroei van Eerste Mens met mond, hand, verstand,
vir eeue al variasies van volksmoord in dié land

jou baasskap onversoenbaar met ons ‘struggle',
toyi-toyi jy uit ‘n Gucci-Carducci-Fabiani-perspektief,
oor viertrekvoertuig kapitalisties gaande, skoon verlief

vat jy Sharpeville-slagoffers, familie innie gesig,
werp op nog ‘MaBhulu'-doodmaak-songs die lig,
asof alle ANC-kamerade eenparig, ten volle, agter jou is,
asof Kommuniste v'geet't hoe kwansuis ‘geel' hul is,
asof COSATU-afffiliate jou nasionalisasie-tender steun,
asof jy nie weet wie werklik jou ‘Brutus' is, gaan wees

skop jy minagtend' laaste bietjie wind uit vryheid se seile,
sonder om twee keer, nadenkend, weer te dink vir ‘n wyle,
soek uitgerangeerd' jeug sterk, naarstiglik na ‘n rolmodel,
terwyl jy retrogressief, anti-revolusionêr, agressie laat opwel,
in terugvind, opbou, herstel van patriotisme nie soseer belangstel

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top