… het op ‘n kol ‘n briljante voorstel gehad; hy het gesê Afrikaners moet Engels in die Skotse aksent leer. Voer Skotse onnies in of stuur van ons onderwysers in die vak Engels soontoe of so-iets sodat ons uiteindelik hier, as ons Engels praat, met ‘n Skotse aksent praat.
Sal dit nou nie oulik wees nie? Opgelos is dan daardie probleem van die snaakse Engelse “r” wat in Afrikaans pas soos varkstront op ‘n toebroodjie. Luister maar na daardie aanbieders van Jip; daar kan niks afstootliker wees as daardie aangeplakte Engels in Afrikaanse teks nie. In Afrikaaps word die Engels darem op ‘n Afrikaanse manier uitgespreek wat dit minder gedienstig laat klink, nie soos onder andere (en veral) ons omroepers want, lyk dit my, Engelse woorde op ‘n manier gebruik wat daarop moet dui dat hulle Engels goed is nie.
Dink ook net hoe lekker jy jou sal kan verkneukel en verkreukel (jou gesig trek mos vol plooie as jy lag) as jy in ‘n vergadering gevra word om Engels te praat en jy trek los met hierdie “breë” Skots wat die aandringers-op-Engels glad nie gaan verstaan nie.
Jan Rap


