Die laerskoollat nader sy pa om die verskille tussen bg mooi uit te lê, dis nou nadat die onnie hulle getaak het. Pappie probeer verduidelik, maar kom nie helemaal mooi deur nie. Einde ten raad beveel hy toe sy lat om aan sus te loop vra of sy met Leonardo diCaprio sal slaap vir eenmiljoen, en om sommer ook dieselfde vraag aan sy ma te vra of sy vir dieselfde bedrag dit sal doen met George Clooney.
Daarna moet die knapie mooi nadink oor die verskil tussen realiteit en potensiaal, en aan pa sy insigte kom verduidelik. So gesê so gemaak.
Ousus reken sy sal sommer verniet met Leonardo slaap, en ma is eers effe geskok, maar gee toe uiteindelik toe sy sou dit doen vir 'n miljoen, maar vermaan hom om nie 'n woord te rep aan sy pa nie. Lateraan kom Kleinlat wel terug by pa:
"Wat is jou gevolgtrekking?" wil pa weet. "Wel," sug Kleinlat, "Ons sit potensieel op 2 miljoen, maar in realiteit leef ons saam met twee slette!"
Francois Williams


