Bokomo-brekfisbrief; 02/09/09: "Agter die klip" beledig my nie

  • 0

 

 

Swaeltjie het geskryf: "Oorkant die Vaalrivier is die mense voorwaar agter die klip." Dis nou nadat sy in 'n wit kroeg in Cullinan gaan rugby kyk het en die wit mense se taal haar ore laat tuit het.

Hoe het die growwe veralgemening my bloed nie laat kook nie!

Jirre, vrou, is dit nie moeilik om so holier-than-thou te wees nie? Het jy dalk by die gawe Troyeville Hotel in Johannesburg ook 'n draai gemaak? Dis ook oorkant die Vaalrivier!

Ek dink skielik: hoekom moet "agter die klip" 'n belediging wees? Ons sit tog agter die klip en drink Klipdrift uit die Kaap, whê!

Kleinboer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top