Bokomo-brekfisbrief; 02/08/09: Die dag toe ek verskoning moes vra

  • 0

 

 

Iemand het my gebel en vreeslik vieslik behandel omdat ek nie vir hom 'n visa wou gee nie. Ek het hom 'n arsehole genoem. Boetman het dadelik my baas gefaks en kapsie gemaak. Boetman wou hom kom sien. Boetman hét hom kom sien. My baas het my ingeroep en wou my kant hoor terwyl die ongeskikte vet selftevrede vent my sarkasties aangekyk het.

My woorde?

"Just because he looks like an arsehole and just because he acted like an arsehole, I had no right to call him an arsehole. And for that I am sorry!"

Boetman wou nog umh en aahh, maar my baas was seker tevrede, want hy het rooi geword, sy sakdoek uitgeruk, iets in Chinees gemompel en toe die vergadering beëindig.

Ek werk nog steeds hier.

;-)))

Maya

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top