Bokomo-brekfisbrief; 02/05/2010: lastige las

  • 0

hierie las is glattie lekker,
laat my staatmaak op ‘n wekker,
op selfoon, mikrogolf, PC, bestraling,
op ooglopend’ besoedeling van leefterrein,
laat my olie-, diesel-, petroldampe atmosfeer instuur,
laat my gedweë kniel langes selfdestruksie-vuur

dese las is swaar, voorwaar, ‘k sweer,
sou’t alte graag arge-, moeiteloos wou ontbeer,
eerder soos ‘n verloste, g’emansipeerde, b’vryde,
Generasie X van’l Satansdissipelskap weg wou keer,
saam meer oor Skepper, oor Paradys-Orde wou leer,
hoe Mens vir ewig ontslae kan raak van allie seer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top