Die Lekka Ingelsman se pa het destyds vir oubaas Willemse genooi vir ‘n fox hunt. Daar het die stoere boer kennis gemaak met al die protokol en tradisies en seremonies en etiket waarvan hy nog nie eers gehoor het nie.
As eregas is hy met tradisionele whiskeys verwelkom dat dit laat geword het voordat hulle na die spul bont honde en perde toe is. By daai tyd was ou Willemse omtrent op dieselfde stasie as by die begrafnis vroeër, toe hy sy gevleuelde wysheid kwytgeraak het: (hy) 'weet nie juis waaroor dit gaan nie, maar dis 'n moerse sukses!!'
Willemse en die honde het hulle gate uit geniet en hulle nie juis gesteur aan die trompette en die tradisies en etiket nie. Hy het dit so geniet dat niemand anders dit later meer geniet het nie, behalwe die honde natuurlik. Sy perd was later wit van die salpeter ...
Na afloop van die moerse suksesvolle 'fox hunt', tydens die afsluitings seremonie se soveelste whiskey en sigare sê sy gasheer, dierbare Lord Whathaveyou so taktvol as moontlik die volgende:
"And so by the way, my dear friend Williams, the word is 'talli-ho' and NOT; 'daar gaan die fokken jakkals'"!!!!!
Outoppie


