Bokomo-brekfisbrief; 01/12/2010: Dankie Francois

  • 0

Hierdie jaar sal ek met my voorkop plat op die aarde en my arms voor my uitgestryk, aan elke hart wat in die slag van Bloedrivier gestryd het, in my hart voor God bring. Ek sal bid dat Hy ons almal sal vergewe.

Ek sal my hele Katinka Heyns en Chris Barnard versameling al om die dag, tot volgende jaar lees en kyk. Ek sal my hele Eugene Marais-versameling van vooraf deurlees. Ek sal my Kinders van die Wêreld-ensiklopediestel weer heel bo pak, en my dogtertjie die voorreg gee om elke storie daarin te ken. My FAK staan klaar op die klavier.

Vanaand kyk ek Paljas. Die naweek fliek ek Liefling!

Ek ry nooit weer verby Orania, sonder om die vriendelike mense daar te gaan groet nie. Ek stap weg as iemand Ingels, ʼn swart, of ʼn geel taal op my probeer afdwing. Ek verheug my met oorgawe in die gemeenskap van my Afrikaanse Katolieke broers en susters.

En wie weet, dalk luister ek eendag na RSG!

Francois, hierdie bydrae van jou het my laat besef hoe armoedige ons reeds is, en hoeveel daar nog oor is om te verloor.

Namaste.

Katmoshinjew- en Boedhistiese-groete,

Sondaar

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top