Ek moes nogal lag oor hierdie skets - dis so waar.
Ai, lyk my Afrikaners probeer soms net te hard om grênd te wees en dan word die arme kinders met die allervreeslikste name opgesaal.
Deesdae is die in ding om die name so 'n Franse inslag te gee. Net na die simboliese Groot Trek met die eeufeesvierings in 1938 was die arme bloedtjies weer opgesaal met Groot Trek name. Juweeltjies uit daardie tyd is Eufesia en Ossewania.
Ek wag nog vir sulkes soos Praaginia (Praag-aanhangers), Zillania (DA-aanhangers), Meltiné (na ons vorige webmeester), Nardusine (die huidige Webpolvaai nadat Maya haar flikkers begin gooi het).
Maar nader aan die kunstenaars- of taalfront toe sou mens kon dink aan Afrikaansina of Taaltinia (taalvegters), Kabuisia (Koos K veredelaars), Breytiné (Breyten verafgoders) of Kroggie (Antjie aanhangers).
Lank lewe die grênd Affrikaners!
Dame Palominé Pouveria


