Bokomo-brekfisbrief; 01/11/08: Melt, kreef en 'n renoster

  • 0

 

 

Melt

 

 

 

Kry jy nie skaam om dié heerlike dis so onbarmhartig aan ons agtergeblewenes in die semi-woestyn te vertoon nie?! (Rynard de Voss het homself sekerlik bedinges toe hy die ‘onskuldige' krefies so uitgestrek en goed genaai ... 'skies ... gebraai op die bord sien lê het.) Dit nogal op Paternoster! Waar jy oornag het.

Die kennisgewing het ek ook laaank terug in die Paternoster Hotel beloer, dus neem ek aan dit is steeds daar, daar waar dit laaank terug op gespyker was?

Jou derde vraag was baie moeilik. Om 'n onbekende langs 'n bekende persoon soos Johan Carosini te plaas en dan te verwag ons móét hom ken, het my amper laat struikel. Na vier ure op Google kan ek egter met sekerheid sê ek dink dit is Dana Snyman? Is of was die man nie 'n Wegbreek-skrywer nie?

Die panty was maklik, dis in rooi geskryf en moet aan die Pater van Paternoster se vrou behoort. Net hy sal 'n groot genoeg renoster hê vir so 'n groot Kersgeskenk/koek. (Tant Koeks het dit mos hoeka so erg oor die "R" in Proesstraat en hierdie panty is wragtig 'n staat op haar? eie).

Smullende groete

Swerwer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top