Bokomo-brekfisbrief; 01/10/09: Beste minnaars

  • 0

Jong ja, ek het Evert se brief gelees en nogal binnepret daaroor gehad. Die meningspeilings is nogal interessant en kan misleidend wees. Ek sien dat die Suid-Afrikaners sesde op die lys is. Ek wonner by my sigselwers wie bepaal die storie nou eintlik. My seks duur gewoonlik sowat 4 ure. Dit sluit nou ‘n ete, fliek en een uur se smeek in.

Dit laat my dink aan ‘n ou wat op die vliegtuig langs ‘n aanvallige dame sit. Hy vra haar toe wat doen sy vir ‘n lewe. Sy antwoord dat sy ‘n seksnavorser is wat probeer bepaal wie die wêreld se beste minnaars is. Op sy vraag wie is die beste antwoord sy die Rooi Indiane is die beste met die voorspel en die Jode met die werklike daad. Sy stel haarself toe aan die man voor as Stella, en op sy beurt stel hy homself toe voor as Hajawatha Cohen.

Reusedwerg

(Webvoet meen ‘n ou grappietjie op die 1e dag van Oktober is in orde. So saam met jou Bokomo Brekfis.)

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top