Laat Saterdagnag kom twee skelms by die begraafplaas ingehardloop met sakkies geld na hulle by 'n bank ingebreek het. By die hek laat val hulle twee sakkies, maar in hulle haas los hulle dit eers en hardloop dieper in om agter die grafte weg te kruip.
Intussen kom twee dronkies van 'n kroeg af aangeloop en gaan sit en "rus" teen die hek se pale. So sit hulle 'n rukkie voor hulle bewus word van stemme uit die donker graftes: "Een vir jou en een vir my, een vir jou en een vir my", sê die een stem.
"Jisjisj, disj die Here en die Duiwel wat die siele onder hulle verdeel," fluister die een dronkie benoud vir die ander een.
Hulle luister aandagtig hoe die stem eentonig voortgaan: "Een vir jou en een vir my, een vir jou en een vir my." Dan hou dit vir 'n oomblik op voor die stem skielik sê "Nou vir die twee daar by die hek!"
Nodeloos om te sê is De Klerk en Swanepoel soos blits daar weg, hééltemal nugter geskrik.
Groete,
Varkspek
(Voor ek weer raaskry - dis net grappies mense. Grappies! Webvoet)


