Bokomo-brekfisbrief; 01/09/09: Besering opgedoen in die bed

  • 0

 

 

Ek was alleen in die bed toe ek seergekry het, kan jy dit glo? Ek wikkel my snoesig in die warmte in en vat die twee troosdekens met drie vingers van my regterhand vas om dit hoër op te trek. Maar die dekens haak vas, my vingers gly los en ek stamp myself met die duim reg in my oog. Vanoggend moes ek dokter toe en ná oogdruppels en salf sit ek nou met my oog toegeplak. Dis krapperig en pynlik, die kornea is glo stukkend.

Dit is nie 'n mooi gesig nie, nie ek nie en ook nie SêNet nie. Want die paar ongure karakters wat hier skryf, lyk nog erger as ek hulle met een oog sit en bekyk. En ek self lyk soos 'n spook met 'n wit kussinkie oor my oog. Ek hoop maar dit is teen Dinsdag weer reg as ek, DV, die lang pad moet vat.

Groete

Varkspek

(Ai, Varkspek, jy moet daardie ou toonnaels knip sodat die troosdekens nie vashaak nie! Sterkte. Die bonus is darem nou dat jy net die helfte van die impak kan inneem wanneer jy Kobus de Klerk se briewe lees. - Melt Myburgh)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top