Swerwer,
Jy maak 'n punt met jou skrywe oor die "boesmans" wat my na aan die hart lê.
Daardie omskryfde psalm, net soos die sogenaamde Griekwa-psalm wat Randall Wicomb of iemand destyds gesing het, is om die minste te sê skaamteloos, aanmatigend en paternalisties.
Die feit dat dit enigsins geskryf is, die kamma Boesman-Afrikaans waarin dit geskryf is en ook die inhoud daarvan is 'n drie-ledige affrontasie vir die volk wat waarskynlik ons laaste oorblywende skakel met die wysheid van die ancients was. Dit is, soos jy tereg sê, danksy ons voorsate nou vir ons verlore.
Ons moet lamente dáároor skryf eerder as belaglike klein versies waarin daar versteekte voorskrifte ingebou is oor wie en hoe mense moet aanbid wie se voorsate lankal vergeet het dit wat ons nasate nog moet uitvind.
Krokodil


