"Bokkie" deur Pieter van Niekerk

  • 0

Bokkie

Koor

Laat Hy jou help,
Soos net Hy kan.
Die lig skyn weer,
Die dag breek deur,
Ek het dit gemaak.
Weer ’n keer.

Vers 1

Soos n bokkie wat verstar,
In die kopligte van ’n kar.
Is jou onsekerheid.
Die vrees vir wat volg,
Staar jy in die nag,
Sien spoke op jou wag
.
Koor

Laat Hy jou help,
Soos net Hy kan.
Die lig skyn weer,
Die dag breek deur,
Ek het dit gemaak.
Weer ’n keer.

Vers 2

Bekommerd oor die dag wat kom,
Sou jy vermy, as jy net kon.
Benoude energie, vermors,
Vreet aan jou lyf, kan jy dit los.
Verlossing is op pad.
Die sware vrag verlig,
Van die donker deur die Man

Koor

Laat Hy jou help,
Soos net Hy kan.
Die lig skyn weer,
Die dag breek deur,
Ek het dit gemaak.
Weer ’n keer.

Vers 3

Die lewe blom,
Die dag gaan voort.
Die Hel kom weer,
Spaar my die nag.

Koor

Laat Hy jou help,
Soos net Hy kan.
Die lig skyn weer,
Die dag breek deur,
Ek het dit gemaak.
Weer ’n keer.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top