"Boikot Voedselpryse" deur Linda Jansen van Rensburg

  • 0

Boikot Voedselpryse

Daar is rye en rye en rakke vol kos, jelly en jam en ook ander gemors
Party het al verval en ander is vol mos, want die prys van kos is mos weer verhoog
Ek dink ons moet dit boikot en daarteen begin betoog
Ek se hey, hey, kom laat ons almal toyi-toyi, dit is tyd om die prys van kos te looi
Want ander sit maar daarna en staar en ander hou hul bek
as ons niks doen gaan ons almal nog van die honger vrek

My maag die pyn en kerm en grom en die mense om my staan verstom
Toemaar, dit is nie winde, maar ? lus na cheddar kaas en gerookte ham
Al wat ek nog vandag gehad het was ? half loaf en cheap rooi jam
Ek se hey, hey, kom laat ons almal toyi-toyi, dit is tyd om die prys van kos te looi
Kom ons staan lyf teen lyf en ook vuis teen vuis
voor die clinic ons almal moet voed deur ? buis

Al die shops het vouchers en specials, dit is vir toiletpaper en nie essentials
Wat van meel en melk en rys en vleis en dan ook my favourite, pampoen?
Ons almal weet mos ons geld is hopeloos te groen
Ek se hey, hey, kom laat ons almal toyi-toyi, dit is tyd om die prys van kos te looi
Kom ons rek almal ons bekke en maak styf ons nekke
dan drop die prys van kos en eet ons almal mos lekker

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top