Elkeen wat my ope brief aan Willem de Klerk lees, behoort te besef ek dink nie hy en sy geslag het enige morele reg om aan Afrikaanssprekendes — en veral Afrikaners — voor te skryf hoe ons ons rol in die nuwe politiek moet uitspeel nie. Nou sien ek LitNet gebruik my brief as aanknopingspunt om De Klerk se Afrikaners; Kroes, kras, kordaat as prys vir die beste opstel te bemark. Die volledige weergawe van my Ope Brief aan Willem de Klerk is aanstaande week in boekvorm beskikbaar (uitgewer: PRAAG). Miskien kan LitNet se redaksie dit saam met De Klerk se boekie as eerste prys aanbied. De Klerk se werk kan eintlik nie gelees word sonder my antwoord nie, hoewel my ope brief as verdoemenis van ’n geslag knoeiers heeltemal op eie bene kan staan sonder De Klerk se bydrae.
- Grafika: Leroy Skalstad op Pixabay

