Ek praat so drie weke gelede met ’n melkboer. Vertel hy my hy gaan sy plaas, melkery implemente alles op ’n veiling verkoop. Op my vraag of dit oor die grondkwessie gaan of plaasmoorde sê hy nee hy kan net eenvoudig nie meer ’n liter melk vir R2.50/R2.80 verkoop aan die Melkmafia, terwyl dit hom R3.50 kos om die liter melk te produseer nie. Die man was emosioneel toe hy my vertel hoe hy en sy vrou die plaas en melkery opgebou het uit niks, maar nou net die harde feit moet aanvaar dat hulle agteruit boer en dus moet verkoop. Dit is verskriklik om te dink dat daar so baie wins gesteel word deur die middelman ten koste van die boer. Ek wonder net waar die Melkmafia gaan melk steel teen daardie prys as daar al hoe minder melkprodusente gaan wees. Volgens die boer help dit ook nie eers om te probeer onderhandel vir ’n verhoogde prys nie hulle sê net eenvoudig hulle gaan koop by ’n ander boer, vat wat jy kry of los dit.
Boer in Beton

