Boeknotas I – Charles Hill se Grand Strategies

  • 0

Hello

Die boek aangebied is die van Charles Hill, Grand Strategies: Literature, Statecraft, and World Order. Die boek het sy oorsprong in ’n kursus aangebied te Yale Universiteit. Die doelwit van die kursus en daarmee dan die boek is om toepaslike tekste uit die geskiedenis, filosofie en letterkunde te gebruik in beide die studie en praktyk van internasionale politiek.

Die vertrekpunt is die klassieke tydperk, Grieks en Romeins.

Die eerste verwysing is na die werk van Aeschylus, Orestia. In hierdie werk word ses standhoudende konsepte identifiseer.

Eerste daarvan is die verskuiwing wat plaasvind vanaf die familie na die staat as die bron van regering, dus die verskuiwing van “status” na wat uiteindelik kan beskryf word as die “sosiale kontrak”. Ander eienskappe word ook uitgelig en is die verskuiwing wat plaasvind vanaf die familie na die staat as die bron van regering ’n voorbeeld hiervan, dus die verskuiwing van “status” na wat uiteindelik kan beskryf word as die “sosiale kontrak”. Ook kan verwys word na die verskuiwing wat geskied van reg in eie hand neem, weerwraak, tot geregtigheid as ’n proses en die handhawing van hierdie proses se integriteit.

Hier byvoorbeeld kan verwys word na die stelling dat die doodstraf word dan die hoeksteen van die beskawing is aangesien die slagoffer se naasbestaandes net mag aan die staat sal toeken indien die sekerheid bestaan dat die staat sal toesien dat geregtigheid geskied.

Die volgende stop is Europa in die tyd van die Reformasie en die vraagstuk gestel van hoe Katolieke en Protestante burgers vreedsaam onder die heerskappy van ’n enkele heerser?

Holbein se ambassadeurs is dalk ’n ikoniese beeld en die boodskap wat aangeneem kan word:

The world is theologically fractured and none of our instruments or methods for resolving the matter will work.

Hierdie dan die konteks vir die soeke na ’n modern orde. Indien oorlog die vader van alle dinge, dan het die oorlog wat geduur vanaf 1618 tot 1648 die fondasie gestel vir dit wat nou die norm is.

Net soos Holbein se ambassadeurs se nuus sleg is, is daar in die vertelling van Hill, ’n Duitse roman, Adventures of Simplicissimus wat insig bied in die oorlog en wedervaringe wat geredelik kon ervaar word. Die wreedheid, die stryd vir oorlewing.

In die verhaal is daar ’n karakter, Jupiter, wat ’n glorieryke toekoms voorspel, vredevol, gevul met harmonie, geregtigheid en orde. Alles waarna Europa smag?

Then there will be a constant and everlasting peace among all nations of the world as in the days of Emperor Augustus.

Die veronderstelling is dat Wallenstein, die bron van die karakter, Jupiter is.

’n Waarskuwing egter, Simpliccimus teenoor Jupiter, teenpole wat die volgende teen mekaar stel.

Impotente realisme teenoor onmoontlike idealisme.

Grotius word ook deur Hill gebruik in sy ondersoek van hierdie tydperk. Die oorlog laat Grotius formuleer, oorlog sal altyd gebeur en is deel van die menslike kondisie. Steven Pinker in ’n aparte boek voer aan dat beskawing, mensdom, veel minder gewelddadig is as voorheen.

Grotius poog om die optredes tussen oorlogvoerende entiteite te reguleer met die daarstelling van internasionale wetgewing en dat die wat nie hier aan gehoor gee nie, “onbeskaafd” is.

Hier is die eerste verwoording van die doktrine wat die gelykheid van state veronderstel. Hierdie is ’n hoeksteen van die internasionale state-sisteem.

’n Verdere belangrike uitloop van hierdie ontwikkelinge is die bewuswording, aanvaarding dat die staat, ’n geldige entiteit is, wat apart staan godsdienstige lidmaatskap.

Katoliek en Protestant “uiteindelik” vreedsaam in een staat, gelukkig onder ’n enkele heerser. Volgens hierdie ooreenkoms is die heerser van ’n staat gemagtig om die goedgekeurde godsdiens te verklaar, net soos daar beskerming gebied word aan die minderheidsgroep gelowiges ook.

Vervolg ...

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top