Boekedag 2012: Nina Botes kies 'n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Ek sou graag dr Wilbur Larch in John Irving se The Cider House Rules (1985) wou wees. Hy is direkteur van St Cloud's Orphanage, waar hy ook as verloskundige werk. Maar hy is baie meer as dit: hy is beskermheer van kinders, redder van vroue en babas, ginekoloog, aborteur, amateurhistorikus en -filosoof, mentor van Homer Wells, ’n heilige vir almal wat hom leer ken, en eterverslaafde. Ek bewonder hom omdat sy keuses spreek van medemenslikheid en respek vir menseregte. Sy morele oortuigings verskil drasties van dié van die wetmakers, maar dit keer hom nie om ’n praktiese verskil te maak nie. En hy is realisties: "'In other parts of the world,' Dr Larch wrote, 'delirious happiness is thought to be a state of mind. Here in St Cloud's we recognize that delirious happiness is possible only for the totally mindless.'" 

Nina Botes is besig met ’n PhD in letterkunde. Lees haar LitNet Akademies-resensie-essay oor Elsa Joubert se Melk hier.

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top