As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?
Jonty Jack in Die swye van Mario Salviati.
Ouderdom – en my voorkoms – noop my toenemend om uit die samelewing te verdwyn. In sy wegkruipplek bo in die beeldskone natuurskoon van die Suid-Kaap, uiters privaat oor sy kuns – in so ‘n mate dat hy selfs aandadigheid daarin ontken – is Jonty Jack vry om te leef en geniet soos hy wil, hetsy gesonde kos, oormaat lewensgenieting, of watter stuitigheid hy ook al voorkeur voor het – en ondanks sy kru bestaan en wese, met die heldin van die verhaal se attensies op hom! Wat meer wil ’n mens hê?
Albert Maritz is ’n regisseur vir die verhoog, TV, film en radio; soms ook onwillige akteur. Hy speel Zander in Vloeksteen wat op 17 April op kykNET begin het. Lees ’n onlangse onderhoud met Albert Maritz.