"Bly nog ’n bietjie" deur TJ Potgieter

  • 0

Vers 1:
Bly nog ’n rukkie asseblief
Ek’s nie seker nie maar ek dink ek raak verlief
Staan nog ’n rukkie langs my sy
Besig om prentjie drome te kry
Drome van jou en my wat iewers in ’n dennebos vry
Bly nog ’n rukkie by my staan
Met ek en jy saam kan die res van die wêreld maar vergaan

Vers 2:
Ek sal vir altyd luister as jy praat
En jy sal my altyd die beste verstaan
Ek en jy kan skilder op die maan vanaand
Dit voel of ek die hemel kan raak, ’n halssnoer van sterre en pêrels vir jou maak
My vlerke sprei en die heelal in vaar

Vers 3:
Ek wil al jou seer en pyn afskud en uitwis
Ek weet jy’t hartseer wat ook in jou is
Wil saggies fluister in jou oor
Terwyl jou warm liefde my betoor

Vers 4:
Bly nog ’n rukkie asseblief
Ek’s nie seker nie maar ek dink ek raak verlief
Staan nog ’n rukkie langs my sy
Besig om prentjie drome te kry
Bly nog n rukkie by my staan
Met ek en jy saam kan die res van die wêreld maar vergaan
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top