Bly in die buiteland

  • 0

Jakkie en Dirkie se probleem is dat hulle skiet die boodskapper omdat hulle nie die boodskap kan verteer nie.

Ek sien nêrens in die tweetjies se skrywes dat hulle enigsins aandui waar my logika verkeerd is nie, nee, hulle speel eerder die man as die bal!

Ek herhaal weer eens, Afrikaans en Engels het presies dieselfde wortels, en deel derduisende woordeskat.

Omdat die Engelse wêreldwyd versprei het, het Engels veel groter gegroei as Afrikaans.

Afrikaans is ook die taal van die onderdrukker, die rassis, en die een wat SA haat ... dis feite ... as julle nie daarvan hou nie, verander dit dan, maar trek asb kop uit ...

Netnou staan ek in ’n DVD winkeltjie, stap ’n groot bruingebrande vrou met ’n spastiese seun in.

Hulle is van Sydney, OZ.

Toe ek sê ek’s van SA sê sy dadelik hoeveel Suid-Afrikaners "have moved to OZ", julle weet mos, die Alies en die Oesters oa, elk geval, ek sê toe dadelik:

"Thank you for taking those racists off our backs ..."

Die gesprek het toe dadelik doodgeloop ...

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top