blou
my broer sê jy kry nie
’n bloukransduif nie
net ’n kransduif
maar vir my is sy gekoer blou
sipresboom-blou
koue-sondagmôre-blou
granietskrif-blou
verlepte-blomme-blou
huilhart-blou as ek met
wintervingers wit
bontbosdaisies
op jou graf gaan sit
so ek glo nie meer my broer nie



Kommentaar
Lieflik geskryf! Ek kan my so vereenselwig met die woorde.
Dis 'n lekkerleesgedig! Jy is een van die veelsydigste digters van ons tyd.