
Foto: Canva
Blommeverkoper
sy verwag
hom elke
Maandag
die blinde
man van
Adderleystraat
hy huiwer
by elke
blom
lank staan
hy by
elke kleur
die blinde
man van
Adderleystraat
dan tik-tik
sy stok
op die teer
en verdwyn
hy om
die hoek
die soet
van jasmyn
talm in die lug
Kommentaar
Pragtig. Sensories. Less is more.
Dankie, Joe.