"Blommetjies en donderbuitjies" deur Stefan Kruger

  • 0

Blommetjies en donderbuitjies

Goeie, goeie, goeie, goeie, goeie, goeie
goeie tydjietjies, saam met jou liefie
Kan nie beter nie (nee, dit kon nie)
Vlieënde soentjietjies, sjokolade, blommetjies
Ek wou nie stop nie (daai reënboog hou nie op nie)
Dit hou nie op nie, hou nie op nie

REFREIN:
Hou my vas, hou my hande net by jou
Hou my glimlag aan die gang, hou dit net by jou
Hou my hart aan die brand, hou dit net by jou
Hou my net, net by jou

Toe Augustus maand in ? donker aand
Voorspel trane weer (Jy het dit gesien kom)
Ou verdwaalde kind, ? rooi gebreekte punt
Die gedagtes keer (Jy moet maar net oor begin)
Oor begin, oor begin

REFREIN

Als voel nou beter, met die geloof so groter
Seisoene lyk mooier, klanke klink so helder

BRUG:
Jy en ek in goeie stukke saam, saam in my brein waar ook al ek gaan
Ramp op ramp jou naam is ? orkaan
Blomme tel niks, maar ek verstaan
Liefde is blind, kom ons los dit by dit, iets positiefs,
Tree vir tree, skree asseblief toeoë deur die donderweer
hou hoop styf vas, en pla jou nie oor die volgende nie

REFREIN

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top