"Blom van my tuin" deur Charles Kotze

  • 0

Blom van my tuin

Jy’s die blom van my tuin
Blom van my tuin
Jy bekoor my, betower my
Jy’s die mooiste

REFREIN:
Blom vir my, blom so vry
Net maar jy, net vir my
Blom van my tuin

Jy’s die geur van my dag
geur van my dag
Jy laat my sing, jy laat my lag
Jy’s my lewe

REFREIN

Jy is die kleur in my lewe
kleur in my lewe
Jy gee my hoop, laat my strewe
Jy’s die beste

REFREIN

Jy’s die droom in my nag
droom in my nag
Jy besiel my, gee my krag
Jy’s my meisie

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top