Geskryf vir: Alle kunstenaars
Jy’s die blom van my tuin;
blom van my tuin.
Jy bekoor my; betower my.
Jy’s die mooiste!
Refrein:
Blom vir my; blom so vry –
net maar jy - net vir my!
Blom van my tuin.
Jy’s die geur van my dag;
geur van my dag.
Jy laat my sing; jy laat my lag.
Jy’s my lewe!
Refrein
Jy is die kleur in my lewe;
kleur in my lewe.
Jy gee my hoop; laat my strewe.
Jy’s die beste!
Refrein
Jy’s die droom in my nag;
droom in my nag.
Jy besiel my; gee my krag.
Jy’s my meisie!
Refrein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

