Blom op my graf

  • 0

Foto: Canva

Blom op my graf

’n Blom op my graf sal verwelk
gee dit in my hand
terwyl ek dit kan vashou

my hart sal ’n grafblom nooit 
kan waardeer nie
en my toe oë sal dit nooit kan sien nie

ek moet die reuk inneem 
sodat my hart dit kan ruik

want nes die blom op my bedding
verwelk ek ook in die maag van my graf.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top