Bloemfontein Boemelaar
My lewe is ink, gevlek op stukkies los papier
En Tassenberg-kuiers om ? braaivleisvuur
Soms voel dit asof ek loop sonder voete en werk sonder hande
Hier en daar lê stukkies van my glimlag tussen harte en verbande
Ek sing oor die bittersoet van liefde en soms net van die reën
Versamel stuk-stuk wysies wat ek by Koos Kombuis kon leen
Soms voel dit asof ek sien sonder sig en voel sonder vlees
In elke traan skuil kinderverhale wat nooit weer sal kan wees
Ek is net ? kaalvoetkind, Bloemfontein se Boemelaar
Al waarvoor ek bedel is jou stukkende ou kitaar
My woorde langs ? stofpad, my hartseer in die see
Vir liedjies skryf en woorde sal ek al my drome gee
En dan vra jy die blommekind, die einste Boemelaar
Vir ? krummeltjie van my geluk, want jy sê joune’s klaar
Nostalgies verdrink ek in my verlange na jou
En wonder ek, die Boemelaar, of jy my sal onthou
Want ek is, al wat ek is
Ek is net ? kaalvoetkind
Bloemfontein se Boemelaar
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.
Kommentaar
Wel gedaan Toffels.