"Bloedrivier en vrede" deur Bruno Andries

  • 0

Bloedrivier en vrede

Die wêreld draai rondomtalie
tussen oorlog en vrede
Moord en doodslag op die maat
van doedelsakke en trompette
Oor die verskroeide aarde
weergalm bomme en muskette

KOOR:
Hoekom wil niemand leer
uit die foute van die verlede?
Soos die kraai vlieg lê Bloedrivier
slegs honderd myl van Vrede
Soos die kraai vlieg lê Bloedrivier
slegs honderd myl van Vrede

Die Brixton Moord en Roof Orkes
slaan die kitaar by Aardklop
Polisiemanne word begrawe
onder die klanke van die volkslied

KOOR:
Hoekom wil niemand leer
uit die foute van die verlede?
Soos die kraai vlieg lê Bloedrivier
slegs honderd myl van Vrede
Soos die kraai vlieg lê Bloedrivier
slegs honderd myl van Vrede

In oorlog is daar geen wenners
net name op 'n heldemuur
Die keuse is doodeenvoudig
wil jy lewe of wil jy sterwe?
'n Kind dra 'n kralesnoer
rooi is liefde, wit is vrede, blou is hoop

Bridge:
Morena boloka setjhaba sa heso (God protect our nation)
O fedise dintwa le matshwenyeho (End all wars and tribulations)

KOOR:
Hoekom wil niemand leer
uit die foute van die verlede?
Soos die kraai vlieg lê Bloedrivier
slegs honderd myl van Vrede
Soos die kraai vlieg lê Bloedrivier
slegs honderd myl van Vrede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top