bloeding oor die brein

  • 0

dit is ’n bloed-ding
wat loop in die groter en groter familie
vors maar na
van heinde na ver
terug met jou menslike stamboek
na die eerste liefde

dit is ’n bloed-ding hierdie
nooit verstandelik droog of metafisies –
veral idealisties - versin nie
want jy lê lam
en klam
so duister gekluister aan die lyf
en dié se gees:

jy gaan heeltyd warm dood
onder die bloedwolk
met al jou asem
en jy is die ene waarheid
(vir oulaas)
wensgeteister soos van wurms –
ons vroegste kennismaking met die beroerte
van die eerste liefde

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top