Bloedige evangelisasie

  • 12

Toe Konstantyn die nuwe geloof, Christendom verklaar het as die staatsgeloof van die Romeinse Ryk met Jesus as die nuwe god, het sy evangelisasie begin, soos voorgeskryf in die bybel van die nuwe geloof.

Derduisende is vermoor in die proses. Nie soldate nie, maar gewone mense wat doodgewoon hul lewens leef en hul gode aanbid, hul kinders grootmaak, hul vriende en familie besoek. Nes gewone mense vandag. Hierdie mense het egter iets geweet, geglo wat hulle eerder sou sterf as om dit op te gee. Wat was dit? Wat was dit wat hulle nie wou opgee nie, wat was dit wat die Romeinse kerk ten alle koste wou uitwis en bereid was om derduisende te vermoor om dit uit te wis?

Die kerk het nie net aanbidders van bv Thor en Chrisna vermoor nie, maar ook die Jode. So die aanbidders van afgode en ook G_d is vermoor. Ek sien in my geestesoog hoe die Crusaders in die aand lofliedere sing tot Jesus terwyl die bloed van Joodse kinders nog nat op hul swaarde is.

Is dit die kerk se "blye boodskap"? Met 'n swaard?

Is dit die kerk se "goeie tyding"? Met 'n swaard?

Die gewone mense was verbied om 'n bybel te besit en was doodgemaak daarvoor, die enkeles wat wel kon lees onder die heidene. Die Jode was verbied om die Tanakh te besit onder dreigement van die dood. Tydens kerkdienste was soldate teenwoordig om die wat nie glo nie dood te maak. Dit is hoe die Rooms Katolieke kerk van vandag ontstaan het en dit is waar alle Christelike kerke vandaan kom, die politieke godsdiens van Konstantyn.

Ek sien meer en meer bewyse van 'n baie duister geskiedenis van die kerk en meer en meer bewyse dat hul god Jesus fiksie is, nooit bestaan het nie behalwe in die kerk se eie bybel, die sg Nuwe Testament. Is dit wat al daai derduisende slagoffers gesien en geweet het? Is dit die kennis wat al daardie lewens gekos het?

Die Rooms Katolieke kerk het uiteindelik geseëvier. Daar is nog aanbidders van ander gode soos Buddha en Chrishna, maar dis min. Islam het intussen ontstaan en groei vinniger as die Christendom. Die Jode is die uitsondering, hulle glo aan hul G_d. Hulle is bitter min, slegs 'n "remnant", sowat .02 persent van die wêreldbevolking. Die kerk het eers probeer om Islam uit te wis saam met die Jode met hul kriminele Kruisvaarders, maar het misluk. Tans word Europa toegestroom met Moslems en die kerk het net een antwoord in hul koppe, paai Islam deur Israel op te offer op die wêreld se pagane politieke brandstapel. Die pous het twee dae gelede die sg "Palestynse Staat" erken en Abbas 'n "angel of peace" genoem.

Die pous het duidelik nie gelees wat G_d oor die "mountains of Israel" gesê het nie.

So wat staan 'n mens te doen? As ek al hierdie dinge bekyk, kan ek net my rug draai op wat ek as 'n gruwelgeloof beskou.

Laat elkeen sy eie besluit neem.

Duitswester

  • 12

Kommentaar

  • Duitsweser

    Net nuuskierig.

    Jy kom anti-Christelik voor, tog nie as ateïs nie. Jy is seersekerlik nie Joods nie, of is jy?

    Is jy miskien lid van die British Israelites, 'n sekte wat glo dat sekere westerse volke die verlore stamme van Israel is, en die klip van Scone voorheen onder die Britse troon, die klip is waarop Jacob gerus het toe hy met G-d gestoei en Israel geword het.

    Indien nie, wat is jou geloof?

    • Dag Jaco
      Ja, ek is nie 'n christen nie, nee ek is nie 'n ateïs nie. Jou vraag of ek Joods is gestel asof dit ondenkbaar is, kan jy vertel hoekom? En nee, ek is nie van die "British Israelites" nie.

      Groete
      Duitswester

  • Duitswester
    Dankie vir jou respons
    Jy het nie my vraag beantwoord nie, nl: "Wat is jou geloof?" Die enigste rede vir hierdie vraag is om jou binne 'n gegewe raamwerk te kan bepaal wanneer jy kritiek lewer oor ander gelowe.
    Mbt tot jou vraag aan my, nl dat jy onder die indruk verkeer dat ek dit ondenkbaar beskou dat jy Joods kan wees. My antwoord is glad nie, wel verbaas sal wees, gegewe jou response nie daardie juiste indruk weerspieël nie.

    • Dag Jaco,
      is dit genoeg as ek sê dat ek 'n ontnugterde ex-christen is wat aan die enigste lewende G_d glo ?

      Duitswester

  • Kobus de Klerk

    Duitswester is iemand wat graag in God wil glo, maar besonder verward is. Hy dink dat geloof en Godsaligheid verkry word deur sogenaamde "studie" - in sy geval, die oplees van die opinies en kommentaar van ander soekendes en/of skeptici wat die Woord kritiseer - wat hom net meer en meer verwar.
    Jare gelede toe hy hier begin meedoen het, was hy meer gerig en georiënteerd in die rigting van die Messiaanse judaisme hoewel nog steeds mislei, as wat hy nou is. Hy is ook nou op die stadium waar iemand soos FC Boot hom bevind - sy kop is vol van die gedruis van ander se geskrifte tot op die punt waar hy vir homself besluit wat in die Woord hy sal aanvaar, en wat hy sal verwerp, presies soos Boot doen (en 'n paar ander verwardes soos hulle). Kyk maar sy opmerkings wat hy in sy onlangse skrywes hier plaas.
    Daar is dus duidelik merkbare regressie in Duitswester se geloofslewe en hy is nou al op die gevaarlike stadium waar hy 'ontnugter' word oor al die verkeerde redes wat hom teen die Christendom opmaak - onbenullighede en oppervlakkighede wat glad nie tot die kern van die ware Christendom deurdring nie en geen invloed op die essensie van die ware Christendom het of kan hê nie, hoofsaaklik omdat hy gehoor het van God, graag in God wil glo, weet hy behoort en moet in God glo, maar God nie ken nie en nie weet hoe God werk nie, omdat hy so mislei is en verwar is deur die eksterne invloede wat hy opslurp soos 'n dorstige (wat hy is ... as hy tog maar net van die Lewende Water wil drink, die HERE Jesus Christus, maar verwerp omdat hy mislei is en dink dit is besoedel ...) welke hom van 'n persoonlike verhouding met God weghou.
    Vandaar sy houding dat elke mens vir homself is. Sulke verwardes soos hy dink vir hulself 'n raamwerk uit wat hulle in hul persoonlike verwarde verwysingsraamwerk pas, en verwerp die res (juis gewoonlik die essensie van die Waarheid, tragies genoeg) omdat hulle dit (nog) nie verstaan nie en op so 'n manier flans hulle vir hulself 'n persoonlike religie saam met elemente van ander en groot leemtes tussenin wat dan vertoon soos 'n bont lap met laslappies vol gate - en ook soveel werklike nut het.
    Hulle gaan spiritueel so gaandeweg agteruit, dat hulle dit self nie meer kan agterkom nie en aggressief reageer as mens dit uitwys ... en hoe gevaarlik is dit nie, want die uiteinde is ateïsme.
    Dit is jammer. Ons gebede gaan uit vir hulle. Hulle wil graag glo, as hulle maar net hulself sal oriënteer om die gekletter van die wêreld wat hulle so naarstiglik deursoek, te laat staan en stil en biddende te raak totdat hulle die Lig sien, die ware Lig. Dan sal hulle ook verstaan ...
    Kobus de Klerk.

  • Ai Kobus
    'Jy sê:"Hy is ook nou op die stadium waar iemand soos FC Boot hom bevind - sy kop is vol van die gedruis van ander se geskrifte tot op die punt waar hy vir homself besluit wat in die Woord hy sal aanvaar, en wat hy sal verwerp, presies soos Boot doen (en 'n paar ander verwardes soos hulle). Kyk maar sy opmerkings wat hy in sy onlangse skrywes hier plaas."
    Jy bly maar 'n geloofskwaksalwer- wat 'n sondelose mens verkondig,wat dit ook al beteken.
    Jy het jouself bespotlik gemaak met Jupiter se mane en 'n gek van jouself gemaak
    met die 'maagdelike geboorte'. Jou manier van Bybel lees is so gebreklik dat ek nie verder daarop gaan uitbrei nie, want jy het gewoonweg geen benul van met watter soort literatuur jy werk as jy Bybelversies (gewoonlik uit konteks) links en regs aanhaal.
    Jy bly volstaan by die letterlike vertolking van die Skeppingsverhale, wat hoewel hul in Genesis opgeteken is deur navorsing bewys is in die tyd van die Konings en ballingskap neergeskryf is.
    Jy is 'n struikelblok vir talle gelowiges en verdoem hulle as hul bv die ewolusieteorie
    onderskryf as 'n metode van skepping. Nou moet jy liewer stilbly en ophou om mense se name by sake in te sleep waarvan jy geen benul het nie.

  • Duitswester
    Indien jy die Nuwe Testament in isolasie lees, sal jy nêrens daarin enige goedkeuring vir die kerk se optredes sedert Konstantyn (soos deur jou hierbo omskryf), agterkom nie. Inteendeel die Nuwe Testament, veral by monde van Jesus, veroordeel sodanige optredes skerp. Indien jy die geskiedenis goed lees, kom jy agter dat sodanige optredes suiwer vir politieke doeleindes onder die dekmantel van Christelikheid aangewend was. Dieselfde het onderling gegeld in die stryd tussen mededingende Christelike gelowe van die tyd, wat afsonderlik deur politieke opponente ondersteun was. Christene het Christene, en masse, uitgemoor, maar geensins in opdrag van die Nuwe Testament nie.
    Wees ten minste gebalanseerd in jou kritiek!
    Wat van die Joodse gruweldade gedurende dieselfde tyd?
    Die Jode is geskiedkundig opgeskryf as die grootste slawehandelaars in Europa, Christen slawe-mans gekastreer en aan die Moeslem-ryke van Spanje, noord Afrika asook die Midde-Ooste verkoop; ook in teenstryd met hulle heilige boeke se opdragte veral mbt menseroof en kastrasie.

  • Kobus de Klerk

    Verstommend hoe 'n selferkende ateïs - Jaco - telkens nie perfekte nie, maar meer insig toon net omdat hy objektief en opreg probeer, en julle dwalendes en oppervlakkiges wat julle eie goed versin, telkens moet teregwys en die werklike perspektief aan julle moet uiteensit ... omdat julle eerder die geketter van ketters glo as die Woord Self.
    Jy kan sê wat jy wil, Boot, jy is eintlik 'n ongelowige met 'n geloofsbaadjie aan. Dit is so ooglopend dat selfs 'n ateïs soos Jaco dit opmerk en uitwys. Vandaar dat die essensie van jou 'geloof' soos wat jy dit vir ons uiteensit, heeltemal te versoen is met die sekulêre en Godsvreemde benaderings en sienings. Natuurlik sal dit wat ek as ware gelowige dan vir jou weergee, vir jou as onsin voorkom want jy verstaan daar niks van nie omdat jy van die Heilige Gees vervreem is - presies soos die Woord in 1 Korintiërs 2:14 so mooi verduidelik en die Woord ook sê dan wat God daarvan dink - 1 Korintiërs 3:19.
    Dalk kan Duitswester ook iets daaruit wys word, as hy dit nie sal verwerp nie omdat hy dalk nie van Paulus hou nie en die Heilige Gees vir hom 'n moeilike of selfs onbegryplike Wese is...
    Kobus de Klerk

  • Beste Kobus

    Hou op nonsens praat en bepaal jou by die onderwerp. My voorouers het geglo dat 'n goeie toets sal wees om te bepaal of iemand 'n heks is of nie, te weeg aan die hand van 'n aantal kase.

    So is dan bepaal of iemand 'n heks is of nie. Google Gouda en kyk dan na die volgende inskrywing soos dit onder Wikpedia verskyn.

    "Between 1550 and about 1690 people accused of witchcraft were at times brought to a weigh house in order to be subjected to a "witch test". If a person was found to be lighter than a set weight, he or she was deemed guilty. This is similar to the use of a ducking stool."

    Hierdie mense was regtig gelowige mense en het Christus se versoeningsdaad gelowig aanvaar. Maar eintlik moet hul volgens jou verlore wees want wat hul as heel wetenskaplik beskou het in die kennis van die tyd, is eintlik totaal onsinnig, net soos jou kennis van Jupiter se mane.

    Nou kom jy en haal saam met verwarde vriend Jaco klakkeloos versies uit die Bybel totaal uit konteks uit die Bybel uit en sleep dan almal saam met jou in 'n onkunde moeras in omdat jy jare lank niks meer as 'n spul snert oor die Bybel en die die Skepper op Litnet kwytgeraak het en dit nie kan vat dat iemand jou nou in die bek ruk
    en sê: Genoeg is genoeg- die skade wat jy aanrig is onherstelbaar en dryf almeer mense van God af weg.

  • Kobus de Klerk

    Al wat eintlik gebeur, Boot, is dat jy met jou kommentare ontbloot vir wat jy is - 'n ongelowige wat jouself probeer verdoesel in 'n geloofswaad, wat gou-gou skeur as mens dit toets, soos nou natuurlik gebeur het.

    Dalk was die heksejagters net so 'gelowig' soos jy, wat hulle nie aan die Woord steur nie, vandaar die optrede wat met hulle vereenselwig word, nes jy met jou sambok vir homoseksuele mense.

  • FC Boot

    Jy het veel van niks hierbo gesê, soos jou gewoonte is; geen feite, en as psuedo-Christen niks oor enigiets wat enigiemand na God sal trek nie.

  • Wat kan 'n mens nog sê van Litnet se ''odd couple', wat mekaar uit onkunde ondersteun,'n kwaksalwer prediker en 'n erkende homoseksueel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top