Bloedgrond: die smul en spoeg aan die swiets van ’n verrassingspakkie

  • 0

Bloedgrond
Malene Breytenbach
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624052746
Prys: R190.00

Klik hier en koop Bloedgrond nou van Kalahari.net!

Ek het die afgelope tyd binne kort bestek drie romans van Malene Breytenbach gelees, een daarvan nog in manuskripvorm. My binnegoed sê vir my dat Breytenbach besig is om in ’n opwindende skrywer te ontwikkel – al weet ek nog net nie presies in watter rigting nie. Maar dophou sal ek haar dophou, en lees sal ek haar lees!

Met Bloedgrond betree Breytenbach ’n terrein wat nie net hoogs relevant en dwingend in Suid-Afrika is nie, maar ook ’n akuut pynlike realiteit: die tema van grondeise en plaasmoorde.

Ek wonder dikwels hoe lesers op hierdie ontstellende temas reageer. Is die gewelddadige aard daarvan ’n leesversperring, of dwing die hedendaagse aktualiteit jou juis om fiksie wat hierdie sake aanspreek, te lees? Dalk maak ’n roman met hierdie tema meer sin as ’n politieke manifes?

My persoonlike ervaring is om met ’n bewustelike volstruismentaliteit juis van hierdie soort boeke weg te skram. Dit het lánk geduur voordat ek oor Disgrace van JM Coetzee kon praat; dit het lánk geduur voordat ek Plaasmoord van Karin Brynard selfs net geléés het. As jy self, of iemand baie naby aan jou, die slagoffer was van die sinnelose misdaad in hierdie land, dan wil jy nie herinner word aan omstandighede wat op geen enkele manier gefiksionaliseer kan word nie. Aan die ander kant is ek, as leser en letterkundige, deeglik bewus van wat Kafka, daardie ewig melancholiese skrywer, oor die leeservaring gesê het:

I think we ought to read only the kind of books that wound and stab us. [...] We need the books that affect us like a disaster, that grieve us deeply, like being banished into forests far from everyone, like a suicide. A book must be the axe for the frozen sea inside us ...

Ek dink nie Kafka het die volle waarheid met hierdie stelling beet nie. Literatuur – “goeie” literatuur – mág maar stigting, lering en vermaak ook wees, daar is niks mee verkeerd nie. En dit is juis oor hierdie intense ontroering en die verwonding dat ek bitterlik bly is dat ek boeke gelees het sóós Coetzee se Disgrace, en Steinbeck se The grapes of wrath, en Angela’s ashes, en, en, en ... Breytenbach se Bloedgrond?

Die leser is onder geen illusie wat die tema van die boek is as hy Bloedgrond ter hand neem nie. Die titel sê dit reeds, en die blakerteks brei uit dat dit nie net gaan oor grondeise nie, maar ook oor ’n plaasmoord (’n hele geskiedenis, trouens, van moorde – die eerste een so vroeg as 1877). Die motto van Margaret Mitchell bevestig dit alles verder: dat mense altyd oor grond sal baklei, tot die dood toe. Wees dus gewaarsku, liewe leser: jy weet dat jy met ontstellende materiaal te doen gaan kry.

Waarop die leser nié voorberei word nie, is die amper ligte aanslag en styl van die liefdesverhaal-genre waarin ’n groot gedeelte van die roman geskryf word. Ek moet erken, nadat ek so 100 bladsye gevorder het, het ek gewonder: Wat het ons hier? Chick-lit met ballas? ’n Speurverhaal? ’n Liefdesverhaal? ’n Plaasroman? ’n Politieke roman? Of dalk iets van alles? Want al gou blyk dit dat Bloedgrond nié noodwendig die verhaal van die joernalis Erin Bakkes (née Bell) is nie, maar die verhaal van vele mense en vele perspektiewe: Sylvia MacFarlane (die buurvrou, wat ook ’n grondeis op haar plaas het), Andrew Buchanan (die homme fatale van die verhaal en bestuurder van Sylvia se plaas), Alfred Malaza (een van die grondeisers), superintendent Elsie Redelinghuys, Marianne (die vermoorde boer se vrou), sy wie se lyf so gloei van bevrediging en geluk ná elke owerspelige ontmoeting met Andrew.

Tot met die lees van Deel 1 van die verhaal was ek werklik ongemaklik met hierdie roman. Wat aanvanklik as Erin se verhaal begin het, nadat sy haar man Ferdie en sy wulpse sekretaresse alte hups op sy lessenaar betrap het, het al gou iets van ’n hutspot geword met ’n menigte karakters en narratiewe style. Van die erotiese beroeringe van Marianne en haar “heerlike, opwindende geheim”, die soeterige liefdespad van Erin en Mac (193), en die werklik onsinnige opmerkings van Erin (wat byvoorbeeld ná die moord op haar broer sê: “Plaasmoorde raak nou régtig onrusbarend”, 195), tot die onthutsende weergawe van geweld soos dit deur Sylvia beleef word met die aanhoor van ’n Solidariteit-program oor plaasmoorde op die radio. Die gruwels van marteling, verkragting en moord word in grafiese besonderhede aan die leser gebied. Gooi nou nog hierby in die kwasigewetenswroeginge van Alfred Malaza, ’n paar tienerkinders se klein emosionele en seksuele oprispings, én die macho-bravade van ’n gewese recce, en ek voel soos ’n verkleurmannetjie op ’n Smarties-boks.

Die roman sou beslis gebaat het by een karakter se perspektief; dit sou koherensie gegee het aan die gebeure en dit in ’n herkenbare genre geplaas het. Want uiteindelik is Bloedgrond nie óf liefdesverhaal óf speurverhaal, of avontuurverhaal nie. Na my gevoel kan die swaarwigtige tema nie gravitas verleen aan die liefdesverhaal nie, en het die romantiese styl min bygedra tot die uitbouing van die komplekse, sentrale tema. En tog, te midde van my ongemak oor ’n konsekwente styl, is daar ook werklik opwindende momente, soos Erin se insiggewende historiese dokument oor grondbesettings in die Oos-Transvaal (nou Mpumalanga) (95 ev). Dit is een van die werklik opwindende insette in die eerste gedeelte, wat my laat wonder of Breytenbach nie ’n soortgelyke ondersoekende joernalis-karakter in nuwe romans moet ontgin nie. Dit sal die outeur se kundigheid, kennis en styl uitstekend pas.

Dit is eers met die aanvang van die opwindende tweede gedeelte van die roman dat dit my getref het: die struktuur wat Breytenbach aan hierdie roman gee, is soortgelyk aan die uiters suksesvolle televisiereeks Law and Order. Dit is ’n program waarna ek graag kyk, veral vanweë die opwindende tweede gedeelte, waarin die regsprosesse orde in die soms rommelrige speurgedeelte skep. Dieselfde gebeur in Bloedgrond. Waar die eerste gedeelte gewemel het van karakters en dinge en style en onrustigheid, is Deel 2 vaartbelyn en doelgerig. Die aanbod van karakters en perspektiewe is minder, en alles gefokus op die sentrale gebeurtenis van die hofsaak en die uitwys van die skuldiges. In hierdie gedeelte het die skrywer my omgeboul: met karakters wat sprankelend ontwikkel (Elsie en Ferdie én Marianne), gebeure wat doelgerig koers kry, spanningsdrade wat stywer geknoop word met die intriges van die hofsaak, en ’n verrassende einde. Hier is Malene Breytenbach soos ’n seilskip in volle vaart, pragtig, met seile wiekend in die wind, onstuitbaar.

Soos die suksesvolle speurder Elsie wou ek aan die einde vir my ’n dubbele Red Heart-rum en Coke skink – nie omdat dit my drank is nie, maar omdat ek skielik baie macho en bemagtig gevoel het.

Bloedgrond is die rede waarom ek vermoed dat hierdie skrywer besig is om haar skrywersvisie wyer te stel, soos ek aan die begin gesê het. Ek is seker dat die volgende roman wat ek gaan lees, minder van die swiets in ’n lucky packet gaan wees; dit gaan ’n volle maaltyd wees. Met rooiwyn.

’n Laaste opmerking: die gebruik van ’n swart taal is pikant en verfrissend as dit funksioneel aangewend word. Maar indien dit gebruik word, dan moet die taalgebruik binne konteks onbesproke wees. Niemand sê aan ’n vertrekkende persoon “Sala gahle” (130) nie!

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top