Bloed van Suid-Afrika
Verskree, verwurg, verwilder my
Ek weet nie waar julle vandaan kom nie
Ek was nie deel van die Anglo-Boereoorlog nie
maar ek moet ook die skade dra van 'n geweerlose mag
Ek was te rustig groot gemaak
om in die malhuis in te gaan
'n Samelewing geberg met vereistes
Ek voel soos 'n slagoffer wat onbewus is
REFREIN:
Hier lê die patroondoppe leeg
Wat het dit gehelp?
Die begrafplaas het weer nuwe knoppe
en die bloed in die veld het opgeklaar
Die bloed van Suid-Afrika
Teleurgesteld is nie die woord nie
Trots is toe gespyker
Soom met die soldate se lyke
en meneer Terreblanche se feite
Groot geskrik en gaan slaap
? Nasie wat wil wen
maar te bang is om te verloor
terwyl ons almal van plaasmoorde hoor
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


