
Blinde geloof
Ons was geleer van God en sy gebod.
Jou naaste sal jy lief het.
Die goewerment is altyd reg.
Politiek word nie genoem
Christene is tevrede.
Group Areas Act is reg.
Van wit beaches bly jy weg.
Hoekom?
Want dis reg.
Dit moet jy glo.


Kommentaar
Ag Here,dankie dat ek kleintyd nie vergiftig is nie. Maar dié skuldgevoel is nogtans afgryslik.