deur geweefde tralies
het die daeraad gesluimer
met grendels ingeperk
gebede wat sagkens skuifel
om hande se bedelbakkies
nou is ’n demper geplaas op lag
slotte gesluit om die keel se praat
terwyl oogskanse
blindelings vlug na oos
verby doringgrendels
rank woorde blind
soos ’n verlore bidsprinkaan
op ’n reis in tyd
deur die melkweg
tot daar waar die dag weer
in volheid sal blom
en in harmonie
om ’n nuwe dag
bevrydend
sal kring



Kommentaar
Baie dankie vir hierdie erkenning en blootstelling LitNet, ek waardeer uit my hart!
Diep gestel.
Baie dankie vir jou saamlees Andries ek waardeer dit baie.
Pragtig verwoord!
Baie dankie Driekie ek waardeer jou saamlees en kommentaar.
Sjoe! Lieflike beelde deurgaans.
Baie dankie David Jantjies vir jou saamlees en kommentaar ek waardeer.
Anze, jy toor met woorde en beeldspraak. Elke keer as ek dit lees is daar nog iets wat uitspring en my laat dink.
Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar, Thea Wentzel. Ek waardeer.