Blankes sal Suid-Afrika gedwonge moet verlaat aldus Mnr De Klerk

  • 11

“Many whites will be forced to leave the country - FW de Klerk” Dié ontstellende opskrif verskyn bo ’n berig wat 26 Augustus 2016 in News 24 geplaas is. Na bewering het Mnr de Klerk ondermeer gesê dat:

Johannesburg - Many white South Africans will be forced to leave the country under the current government's policies, former president FW de Klerk said.

"We have to face the unpalatable fact that our present government has adopted policies that are consciously directed toward harming the core interests of a section of the South African population according to their race," De Klerk told attendees during the launch of the Centre for Unity in Diversity.

De Klerk criticised the government's BBBEE and affirmative action policies, saying that they were incrementally limiting the economic and cultural space within which minorities can operate.

"The ultimate goal is a society in which land, jobs, power and wealth will be allocated according to racial compositions of the population. The lives of citizens will once again be determined by race not merit."

De Klerk said this was bad news for minorities who comprise of 26% of the population.

"Their share of the wealth, job and land will decline commensurately over the next 30 years. As the BBBEE noose tightens, it may become increasingly difficult for white South Africans to find employment... Inevitably, many will be forced to leave South Africa."

Mnr de Klerk het bygevoeg dat die onlangse verkiesingsuitslae ’n bemoedigende teken is dat mense wegbeweeg van ras gebaseerde politiek en meer stem volgens hul politieke oortuigings.

Die vraag wat ek myself  afvra is of  Mnr de Klerk  nie eerder moes bygevoeg het dat die ANC se beleid  regstreeks bots met die ideale wat in die ‘Voorwoord’ van die grondwet vervat is nie en of die stappe wat die regering neem om historiese ongelykhede uit die weg te ruim nie ook in stryd daarmee is nie.

Ja stappe mag geneem word maar dan mag dit nie ten koste van ander gedoen word nie, want dan is ons presies terug in die verlede.

Die ‘Voorwoord’ bevat die volgende ideaal :’Improve the quality of life of all citizens and free the potential of each person (kursivering myne).

Indien blankes dus gedwing word deur ‘n regeringsbeleid  om hul potensiaal in ’n ander land te ontwikkel bots dit myns insiens direk met die ideaal vervat in die ‘Voorwoord’ tot die grondwet.

 

  • 11

Kommentaar

  • Beste FC. Dit is verbasend dat die man nog enigsins in die pers aangehaal word of daar oor hom en sy trawante gepraat word. Hy/hulle was/is net marionette in die groot drama wat aan die afspeel is.
    Almal sal nou sê dat ek paranoies is of aan spookteorieë glo. Miskien nie. Ek staar my nie blind aan die realiteite van die situasie in die land nie. Ek sien en lees en hoor wat gebeur in die land van ons. Die huidige regering se wetgewings ens is egter wanhoopspogings wat van baie korte duur is. Die manne in beheer van die land het 'n plan. Alles loop sover soos beplan. Die vorige bedeling se plan het ook so uitgewerk.

  • Reusedwerg

    Ons almal weet die land is in 'n gemors, ondersteuners van polities verlinks, middel, en verregs. Selfs binne die ANC is daar besef die land is in 'n gemors.

    Eerder om voortdurend te sanik, deel eerder met ons 'n moontlike positiewe oplossing om bespreking te lok.

  • F.C.Boot

    Wat FW de Klerk te se het, kan alleenlik in die hoedanigheid van 'n gewone burger van die land, en die van sy fondasie gesien word; in dieselfde lig soos wat Reusedwerg sy sieninge uiter; met geen geloofwaardige volksondersteuning nie.
    Maw. met 'n knippie sout.

    Meer as 99% van ophitsende politieke retoriek vind nie stukrag in wetgewing nie. Sodanige retoriek is suiwer ten doel om stemme te werf.

    As teevoeter vir hierdie retoriek het FW laat weet watter katestrofiese gevolge vir swartes sal wees indien blankes grootskaals die land sou verlaat, erger as die Zimbabwe situasie, wat swartes grootliks van bewus is en vrees.

    Selfs met die beste wense, en behalwe vir 'n handjievol, is die meerderheid blankes vasgevang hier in S.A. met geen kans om 'n heenkome in 'n ander land te vind nie. Dus praat die man eintlik onsin

  • Jaco. Ek herhaal soos ek al in vorige kere op jou insette reageer het. "I bow to your superior knowledge"

  • O ja amper vergeet ek. Voordat ek verder sanik en tjank, gee jy dan vir ons haalbare oplossings en voorstelle, indien jy het. Maklik om van die kant af te staan en bek rek en die te kritiseer wat dit waag om menings te lug. Kom nou ou slimme, ek wag. LW, haalbare oplossings en geen "pie in the sky" nie.

  • Mnr De Klerk het blykbaar in 1979 gesê dat, sou PFP-beleid implementeer word, dit sal lei na chaos en ekonomiese verval.
    Wel, FW self was toe grootliks verantwoordelik daarvoor dat PFP beleid implementeer is wat toe, soos ons almal weet, wel gelei het na ekonomiese verval en chaos. Wat ook al vir FW van plan laat verander het het na daardie 1979-uitspraak weet g'n mens nie maar van sy kollegas en 'n graat deel van die bevolking het hom vertel dat, waarmee hy besig is (implementering van PFP-beleid) gaan lei tot chaos en ekonomiese verval. Terloops, hierdie mense was toe verguis en gebrandmerk as verregses wat 'nie met die tye wil beweeg nie'.
    De Klerk-hulle het egter deurgedruk, die waarskuwings ten spyt, en PFP-beleid implementeer wat toe tot die huidige gemors gelei het - chaos en ekonomiese verval.
    Nou sê De Klerk bloot net weer wat hyself 37 jaar gelede gesê het en wat duisende mense met die referendum 'n aantal jare gelede gesê het. Is dit nou insig? Soos die blondine sê: "Hellooooo!"
    Maar, soos Reusedwerg ook hierbo laat blyk, dit is, en was nog altyd, die plan. SA is 'n marionetstaat en gedestabiliseer sodat grondstowwe en goedere so te sê verniet gegryp kan word, van ystererts en kole tot renosterhoring en wynplase.
    Dit is verbysterend dat daar nog mense soos die Max du Preez's en Piet Croucamps van hierdie wêreld is wat naïef genoeg is om te glo die huidige bestel is teweeggebring deur 'die ongeregtighede van die verlede'.

  • FC Boot
    Dankie vir jou respons, asook die skakels deur jouself aangegee. My verweer is kortliks die volgende:
    1. De Klerk is uitgedien. Sy menings verteenwoordig niemand nie, behalwe in 'n persoonlike hoedanigheid, en miskien die van sy fondasie wat ook glad nie blankes of Afrikaners verteenwoordig nie. Sy inligting deur jou hierbo weergee wat hy te sê gehad het, is deurspek met onwaarhede, bv 26% minderheid bevolking. Die waarheid: Blankes is 9%; Bruinmense 9%; Indiërs 2%, altesaam 20%. Daar is geen sprake van Indiërs en/of Bruinmense (minderhede) wat die land gaan verlaat nie. Inteendeel daar bestaan tans 'n immigrasie van Indiërs wat mettertyd hul bevolkingsgetalle daardeur gaan aanwas, (die Guptas as voorbeeld). Daar is ook geswyg oor die aantal blankes wat onlangs in groot getalle, teruggekeer het: "More than 400,000 white expat South Africans have returned to the land of their birth since the apex of the financial crisis in 2009, according to research by Free Market Foundation economist Loane Sharp (Aug 2015)
    http://www.moneyweb.co.za/news/south-africa/white-expat-south-africans-returning-home-in-record-numbers/
    2. Mbt tot jou genoemde skakels. (a) Onderskraag waar ek hierbo gesê het blankes gaan moeiliker in ander lande 'n heenkome vind. (b) Blankes wat in Dubai en ander Arabiese state betrekking bekom het, gaan ooglopend nie permanent daar bly nie, maar terugkeer sodra hulle kontrakte uitgedien is. (c) Die krimping van jongmense onder blankes, nie in die skakel genoem nie, is feitlik hoofsaaklik aan 'n afname in blanke geboortesyfers wat nie eers die man en vrou vervang nie, en tot in 'n minimum mate aan emigrasie te danke. (d) Die skakel is ook verskuins (slanted) om die groei van swartes en die afname van blankes te aksentueer, sonder om die terugkeer van blankes te noem om nie 'n noemenswaardige objektiewe weergawe te gee nie.

  • Reusedwerg
    Ek daag jou uit om met positiewe voorstelle mbt tot die land se situasie vorendag te kom, veral mbt die Afrikaner se lot te gee, en gooi jy terug: " Kom nou ou slimme, ek wag. LW, haalbare oplossings en geen "pie in the sky" nie."
    Ek doen dit met graagte. Ek is op SêNet op rekord oor die vele aanbevelings deur myself voorgestel vir Afrikaner-oplossings oor die jare, asook AfriForum wat ek ondersteun se Okt 2015 se visie vir die Afrikaner vyf jaar vorentoe wat reeds in werking en op dreef is. Geen "pie in die sky" voorstelle nie. AfriForum verteenwoordig nie minder nie as 350 000 Afrikaners, en met hulle gesinne, raak hulle oor die 1.5mil Afrikaners.
    Jy inteendeel is hier op SêNet op rekord met die vele gesanik oor die goeie ou dae, en die gemors van die hede; en onlangs met jou: "Ek vertrou nie Afrikaners nie; en te huil hoe die "ware" Afrikaners maar dun gesaai is!"
    Werklikwaar dit sal vir die leser 'n briesie vars lug wees indien jy die lewe meer optimisties eerder as gedurig pessimisties aanskou. Ek herhaal wat ek voorheen vir jou gesê het: "Pessimisme broei steriliteit; optimisme broei pro-aktiwiteit."

  • Soos my geleerde vriende in Ingels sal sê, "I rest my case". Die Afrikaner is nie die enigste bevolkingsgroep in die land nie, en AfriForum is beslis nie die oplossing nie. Gelukkig weet ek waar ons heil lê, maar dit sal agv jou persoonlike beskouings nie vir jou aanvaarbaar wees nie.

  • Reusedwerg

    Ek wag in groot afwagting om van jou te hoor waar jou "heil" en oplossing vir die land lê. Is dit "pie in the sky"?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top