Blaai in mekaar
Die sonpolse lek die skemer in
en die maan ontsnap uit my bottel se hoeke
Die dansvloer omsluit my
en stadig blaai alles in mekaar
Langs Kaapstad se agterpaaie span my lykswa seile
en ek smeer my donker siel teen die vuil mure van my stad
Die dansvloer omsluit my
en stadig blaai alles in mekaar
Tot ons uitgespoeg word, ek en Vreemdeling
om te sterf in mekaar se nag in Tafelbaai se watergraf
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


