Bitterbessie dagbreek
’n Huildronk op Ingrid

  • 0

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie nag
Lacan het gebreek
tussen ons met mag

Vind jou in my verse
nes korrels lood
alles bly méconnaissance:
’n vervloekte woord

Reis deur herinnering
beweeg ek deur vergeet
verdwaal ek in ’n kring
wat terug lei na my leed

Vind net ’n eggo
in kierang nabootsing
om opnuut so bedroë
’n pastiche voort te bring

Eggo is ’n antwoord
antwoord is ’n eggo
bitterbessie dagbreek
bitterbessie nag

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top